Image

Aansoeke / Inskrywings

Die Departement van Onderwys vereis dat inskrywings jaarliks móét hernu word, gepaardgaande met 'n geboorte sertifikaat van u kind/ers en ID dokumente van albei ouers.

Inskrywingsvorms kan direk by die kantoor aangevra, asook in gegee word. Om die proses vir u as ouer te vergemaklik, is daar twee Inskrywingsdae;  15 Januarie en 16 Januarie voor die skole open, waar die personeel vanaf 8:00 tot 11:00 in die saal byeenkom, om inskrywings te hanteer. 

 

Aangeheg moet wees die volgende dokumente:

  • ID van beide ouers
  • Leerder/s geboortesertifikaat
  • Bewys van Adres
  • Oorplasingsertifikaat van vorige skool
  • Rapport
  • Inentingskaart

Inksrywings Vorm Elektronies

Debietorder Vorm Elektronies

Busgelde Vorm Elektronies