

Handboeke word deur die skool voorsien. Indien handboeke verloor of in 'n swak toestand teruggebring word aan die einde van 'n jaar, moet die leerder self die handboek/e betaal. Elke graad voog gee aan elke leerder 'n lysie met skryfbehoefte benodigdhede vir die jaar, daarvolgens word aankope, deur ouers self, gedoen.
Die skool het By die skool self is daar 'n klerewinkel waar skooldrag direk aangekoop kan word. By die klerewinkel is daar 'n klerebank met tweedehandse klere.
Kontak gerus die skoolkantoor vir enige navrae.
Ons skoolbus word gery deur mnr Cobus vd Merwe. Die roetes wat gery word is vanaf Sanddrif na Beestekraal en van daar na Atlanta. Lizeth Riekert handaaf die bus administrasie; indien daar enige veranderinge in bustye is, gee sy dit stiptelik aan die ouers deur. Lees meer oor die bus gelde op die skoolgelde blad.
Ons leerders streef nougeset na dit wat in die erekode saamgevat is:
By Laerskool Sanddrift ontwikkel ons die kind tot volle potensiaal as mens. Die basis van onderrig is Christelike waardes en norme en ons leer ons kinders om verantwoordelikeheid te aanvaar vir hulle talente en regte.
By Laerskool Sanddrift word die kinders begelei deur kwaliteit onderrig en 'n georganiseerde millieu tot afgeronde persone. Deur moedertaalondderrig streef ons daarna om die kind geestesweerbaar te maak en om sy vaardighede gebalanseerd te ontwikkel vir die eise van ons tyd.
Ons skool beskik oor gehalte falisiteerders en voldoende fasiliteite om leerders te lei in hulle ontwikkeling to volle potensiaal. In hierdie strewe speel ons ouergemeenskap 'n integrale deel van die opvoedingsplan.
Laerskool Sanddrift streef daarna om in Sanddrift 'n Afrikaanse Laerskool daar te stel wat:
Waar die son se goue strale
Veld en rant met skoonheid tooi
Staan ‘n skool met ideale
Vir sy kinders, sterk en mooi
Seuns en dogters uit een stuk
Bring ons vreugde en geluk
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots
Leer ons bou op vaste rots!
“Arbeid adel” is die leuse
Wat ons altyd met ons dra
En ons gee uit vrye keuse
Wat die lewe van ons vra.
Goeie moed en harde werk
Maak ons gees en liggaam sterk.
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots,
Leer ons bou op vaste rots!
Maar die Heer se genade
Moet ons arbeid vergesel.
Dit moet blyk uit al ons dade
Dat ons graag sy roem vertel.
Christen-wees, dit is ons eer:
Ons is kinders van die Heer.
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots,
Heer ons bou op vaste rots!
Melodie: “My Suid-Afrika”
Richard
F.A.K. Bundel - 1969
Maandag - Vrydag : 7:00am - 13:00pm
Sat en Son: Gesluit
Pouse: 9:00am - 9:20pm
Sport: Maandae, Dinsdae en Donderdae word daar na skool sport beoefen tot 14h30, waar die skoolbus dán vertrek op sy roetes en betrokke ouers self hul kinders kom afhaal.
Kontak gerus die skoolkantoor vir enige navrae.