Image

Sport

Ons sport is elke seisoen 'n hoogtepunt. Sandties hou elke jaar ons naam hoog op elke gebied!

Dit is geen geheim dat sport en oefening kinders sterk en gesond maak nie. Maar wat ouers nie altyd besef nie, is dat slim kinders op skool kan sukkel om hul potensiaal te bereik as hulle swak spiertonus het. Deur deelteneem aan een van die verskeie sportsoorte vat die laerskool aanbied raak jou kinders aktief. Sport beoefen en tyd buite deurbring is ’n belangrike deel van kinders se gesonde ontwikkeling. Om fisieke aktiwiteit en goeie gewoontes van ’n vroeë ouderdom by kinders tuis te bring, kan hulle die vaardighede help ontwikkel wat hulle nodig het om later in hul lewe weer aktief te wees.

Gesonde, fisiek aktiewe kinders is ook meer geneig om akademies gemotiveer, wakker en suksesvol te wees.

Rugby

Laerkool Sanddrift spog met drie rugbyspanne, sowel as ons twee Bulletjierugbyspanne. Al ons spanne speel uitmuntende rugby en bereik elke jaar groot hoogtes.

Laerskool Sanddrift is welbekend by die Kleinskole Liga en Luiperdspan. Ons seuns se deursettingsvermoë en spangees is aansteeklik en elke wedstyd word met groot entoesiasme aangepak. Gereelde oefening en rugbytoere dra by tot ons goeie prestasies.

Netbal


Elke netbalseisoen eindig op ‘n suksesvolle noot, nie net vir ons senior spanne nie, maar ook vir die mini-netbal. Deur harde werk, gereelde oefening, positiewe gesindhede en stralende gesiggies, word groot hoogtes in ons netbal bereik.
Ons netbalkamp is elke jaar ‘n groot hoogtepunt, en in ons prestasies kan gesien word dat Laerskool Sanddrift se meisies toegewyde netbalspelers is.

Atletiek


Laerskool Sanddrift se naam word elke jaar hoog gehou by atletiekbyeenkomste, deur ons atletiekspan.
Elke atletiekseisoen neem ons leerders met ywer deel aan al die baan- en velditems.

Ons spog elke jaar met atlete wat puik prestasies behaal, nie net by plaaslike byeenkomste nie, maar ook by die SA-Kampioenskappe.

Krieket


Laerskool Sanddrift het in 2016 hul susksesvolste krieketseisoen ooit beleef.

Ons spanne vaar uitstekend teen groot skole en behaal uitstaande prestasies op die krieketveld.
Van die mini-krieket tot by die seniorkrieket oefen ons die seuns hard en ywerig.

Hokkie

Hokkie in Laerskool Sanddrift gaan nog groot hoogtes bereik!
Ons afrigters is van top gehalte en ons spog met ‘n eerste span wat uitstaande hokkie lewer, asook ons drie mini-hokkie spanne wat reeds deelneem teen groter buurskole.
Dis voorwaar lekker om ‘n Hokkie-Bokkie te wees!

Swem

Laerskool Sanddrift bied ook swemlesse aan en het in 2021 hulle eerste swemgala aangebied.